Die webjoernaal nog nie heeltemal voltooid nie

Geskiedenis



Heelwat is reeds geskryf oor die herkoms van die Oberholzers en hoewel daar verskille voorkom tussen die navorsers se beskikbare inligting bly die belangrikste dieselfde naamlik dat die stamvader 'n Duitssprekende Switser was en in 1696 as soldaat na die Kaap gekom het.


Volgens: Die Oberholsters in Suid-Afrika  deur Dr Leon Oberholster
"Dit is bekend dat die Oberholzers sedert 1542 in die distrik Wald in die kanton Zürich woonagtig is.
Hierdie Oberholzers stam op hulle beurt uit die Oberholzers van die distrik Goldingen in die kanton  oSt Gallen (Historisch-Biographisches Lexikon der Schweiz).


Sekere nasate van hierdie Duits-Switsers woon steeds in die dorpe WALD en Oberholz. 'n Ski-oord genaamd Oberholz word op die kaart van Wald in Switserland aangetref"


Hans Oberholster, ook bekend as Johann, Johannes of Jan is in die distrik Wald (Kanton Zürich) gebore. Volgens sy testament was hy egter 45 jaar oud in 1718 en is hy dus in 1673 of 1674 gebore. Hy was 'n Switserse huursoldaat en arriveer hy in 1696 in die Kaap. Dit kan aangeneem word dat Hans gedurende die tydperk 1696-1703 in die garnisoen in Kaapstad diens gedoen het, vanaf 1704 verskyn sy naam nie meer op die monsterrolle nie en kan aanvaar word dat hy gedurende 1703 vryburger geword het. Die kontrak met die Kompanjie het destyds sewe jaar geduur,





No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.